Flash terug na die ‘parradys’
Die padda wou gaan opsit by sy nooi in die vlei. Maar ’n kar het per ongeluk oor hom gery. Met net drie bene het hy ’n nuwe kans op die lewe gekry. Ahummm, ahummmm, ahummmm.

Ontmoet vir Flash. Flash die brulpadda.
Die brulpadda is deur werkers van Federale Stene gekry. Met ’n nadere kykie na die indrukwekkende dier het hulle besef dat padda se kind beseer is.
Soos blits is Flash in ’n motor gelaai, natuurlik versigtig vir daai bek vol tande, en na Central Vet in die Midwater Sentum gevat.
Daar het ’n veearts na padda se kind gekyk en besluit een van sy bene sal geamputeer moet word om sy lewe te red.
Nadat Flash van sy operasie herstel het, is hy terug na die “parradys”, ’n lowerige dam en vleiland, waar hy as Federale Stene se gelukbringer, nog lank die septer gaan swaai, drie bene en al.
Lees ander nuus hier:
Pakistani shops close due to protest
Breaking News – Plane crashes at Botshabelo
Protest over land erupt in Mhluzi
Nuusflits: Mduduzi ontsnap en weer gevang
Video: Gemeenskap groet Pottie
Copper thieves busted in Kriel
(Video) Update: Christmas in jail for coffin case suspects
(Breaking News) Coffin case: Only ANC Youth League granted permission to protest
Update: Three major political parties to protest during coffin case
Update: Juju on his way to Middelburg
Opvolg: Doodskis was vir afgestorwe werker
Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!

