Oudspelers groet Fanie Vermaak
Die gewese Suidoos-Transvaal rugbylegende en Noord-Transvaal stoeier, Fanie Vermaak, is Saterdag uit die NG Kerk Panorama deur oud spanmaats en familie gegroet.
Vermaak (66) is die vorige week oorlede, nadat hy lank hartprobleme gehad het.
’n Volgepakte kerk het gehoor van sy ondeunde streep en sy prestasies op die rugbyveld en stoeimat in ’n huldeblyk wat deur die Puma slot, Draadkar de Lange, voorgelees is.
Die gewese Suidoos-Transvaal losskakel, Gert la Grange, het vertel hoe Vermaak, al was hy al baie siek, by ’n byeenkoms van oudspelers opgedaag het, die Vrydag voor sy afsterwe.
’n Skaapbraai gaan die eerste week in Februarie ter ere van Vermaak by die oord van Dirk Meyer (Oud Witbank flank) gehou word.
Die diens is waargeneem deur dr Maans van Zijl.
Van die bekende oudspelers wat by die diens was, was Klasie la Grange, Bertus van Eeden, Tonie van Tonder, Kat Smit, Daan en Johan Otto, Christo Ackerman, Abbey Coetzee, Julius Weber, Tonie van Rensburg, Dirk Meyer, Richard Cooke wat jare saam met hom in die voorry gesak het, Braam Wahl en Arrie Myburgh.
Lees ander sportverwante stories hier:
Steval Pumas sign Sias Ebersohn and Marko Janse van Rensburg
Frankie Herne sweeps awards at Steval Pumas year-end function
For daily news updates:
Send a message to our SMS line 33658, like us on Facebook and follow us on Twitter.
For videos check out our YouTube channel.
