Video: Volg tornado’s dieselfde pad?
Is dit moontlik dat tornado's dieselfde pad volg wanneer hulle dieselfde plek weer tref?

In Februarie 2015 is Belfast deur ‘n tornado getref wat grootskaalse skade op die dorp aangerig het. Vanjaar, Februarie 2016, is die dorp weer deur ‘n soortgelyke tornado getref en volgens inwoners het die tweede tornado dieselfde pad as die eerste een gevolg.
Professionele natuurwetenskaplike, me. Elsa de Jager, is die Eenheidbestuurder van Klimaatinligting by die Suid-Afrikaanse Weerdiens en sê dat dit bloot toevallig kon wees dat hierdie twee tornado’s dieselfde pad gevolg het.
“Baie meer navorsing in Suid-Afrika is nodig om die verskynsel van tornado’s en die paaie wat hulle volg, te analiseer.”
Volgens me. De Jager, stel een outoritêre publikasie, Inkanyamba Tornadoes in South Africa deur A.M. Goliger, R.V.
Milford, B. F. Adams en M. Edwards, dat die data oor tornado’s in Suid-Afrika vanaf 1905 tot 1948 nie geskik is vir die statistiese analisering van die jaarlikse patroon van tornado-verskynsels nie.
“Vanaf 1948 tot 1996 was daar 174 tornado’s wat ‘n gemiddeld van vier per jaar is. Volgens die analise van die 31 goed gedokumenteerde paaie wat die tornado’s gevolg het, is gevind dat byna 80% in ‘n algemene ooswaartse rigting beweeg, maar dat hulle rigting van suid-oos tot noord-oos verskil.”
Volgens The National Severe Storms Laboratory van Amerika se webwerf, www.nssl.noaa.gov, is dit nie moontlik om voor die tyd vas te stel waar en wanneer tornado’s ontwikkel, hoe sterk hulle gaan wees of watter pad hulle presies gaan volg nie.
“Wanneer ‘n tornado reeds gevorm en waargeneem is, kan waarskuwings uitgereik word wat baseer is op die pad wat die storm, waaruit die tornado ontwikkel het, volg, maar nie eers dit kan presies voorspel word nie.”
Volgens How Stuff Works Science se webwerf, www.science.howstuffworks.com, volg tornado’s dikwels die donderstorm wat aan hom ‘geboorte’ geskenk het.
Hoewel tornado’s onvoorspelbaar is en die data van Suid-Afrikaanse tornado’s onvolledig is, is dit moontlik dat tornado’s dieselfde pad meer as een keer kan volg, maar waarom dit gebeur, bly steeds ‘n wetenskaplike raaisel.
• Volgens die Newcastle Advertiser, is hierdie die vyf ergste tornado’s in Suid-Afrika se geskiedenis voor Julie 2016:
1. Mount Ayliff en Tabankulu, 18 Januarie 1999
2. Roodepoort, 26 November 1948
3. Harrismith, 15 November 1998
4. Utrecht en Glencoe, 3 November 1993
5. Welkom, 20 Maart 1990
Lees ander nuus hier:
Pakistani shops close due to protest
Breaking News – Plane crashes at Botshabelo
Protest over land erupt in Mhluzi
Nuusflits: Mduduzi ontsnap en weer gevang
Video: Gemeenskap groet Pottie
Copper thieves busted in Kriel
(Video) Update: Christmas in jail for coffin case suspects
(Breaking News) Coffin case: Only ANC Youth League granted permission to protest
Update: Three major political parties to protest during coffin case
Update: Juju on his way to Middelburg
Opvolg: Doodskis was vir afgestorwe werker
Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!
