News

Kanonkop en Dennesig op beurtkrag weens kabel

Die elektrisiteitstoevoer na Kanonkop en Dennesig blyk ’n groter tameletjie vir die munisipaliteit te wees as net kabels oop te grawe en te herstel. Die spesifieke kabel is ’n hoogs sensitiewe oliegevulde kabel, wat automaties uitskop as daar ’n lekkasie is. Slegs hoogs gespesialiseerde elektrisiëns uit Johannesburg kan die kabel herstel. CDI Electric het gister …

Die elektrisiteitstoevoer na Kanonkop en Dennesig blyk ’n groter tameletjie vir die munisipaliteit te wees as net kabels oop te grawe en te herstel.
Die spesifieke kabel is ’n hoogs sensitiewe oliegevulde kabel, wat automaties uitskop as daar ’n lekkasie is.
Slegs hoogs gespesialiseerde elektrisiëns uit Johannesburg kan die kabel herstel.

CDI Electric het gister reeds begin foutsoek op die kabel, ’n lekkasie is gevind by die Meyerstraat-brug.
Die hele stuk kabel by die brug, sal nou vervang word, is bevestig.

Daar is ook ’n moontlikheid dat die kragtoevoer eers weer later die naweek normaal in die woongebiede kan wees.

Daar is egter gebeurlikheidsplanne in plek, en Kanonkop is intussen in twee areas verdeel, en Dennesig as ’n area op sy eie.Twee areas sal op roterende basis vir 20 tot 24-uur kragtoevoer hê, terwyl die ander vir 12-ure sonder krag sal wees.

Die beurtkragskedule is nog nie vasgestel nie, omdat die kragtoevoer op sekondêre kragringe gekoppel word, en die oorskakeling tussen areas tot vier ure neem.

Weens oorlading van die sekondêre kragringe, kan elektrisiteit vir die voorgestelde 24-uur per area, nie gewaarborg word nie.

Daar is Donderdagaand deurnag aan die problem gewerk, en aflosspanne wat die skakeling doen, het Vrydagmore die 27-uur kragonderbreking in die Impalastraat area van Kanonkop gekoppel.

•Intussen is groot gedeeltes van die Meyerstraat omgewing tot by John Magagulastraat ook vanaf Vrydagaand sonder elektrisiteit.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button