DNS-toetse bevestig verkoolde vrou is Candice
Meer as drie weke nadat 'n swanger vrou in 'n ongeluk verkool het, kon haar familie uiteindelik haar roudiens reël.
Mnr. Willem van der Berg het laat verlede week gesê dat die privaat DNS-toetse wat hy laat doen het, Woensdagmiddag bevestig het dat dit sy vrou, Candice (35), se oorskot is.

Me. Van der Berg het op 9 November in haar kar verkool in ’n ongeluk op die R555 (Middelburg/eMalahlenipad). Sy was vier maande swanger.

Die patoloog wou nie ’n doodsertifikaat teken nie, alvorens daar nie deur DNS bevestig is dat dit me. Van der Berg se liggaam was nie.
Pa wag al maand om vrou te begrawe
Nadat die familie vir meer as twee weke vir die staat gewag het, het mnr. Van der Berg privaat DNS toetse laat doen, waartydens daar ook bloed getrek is van sy vyfjarige dogtertjie, Quanika. Dié toetsuitslae het bevestig dat dit wel me. Van der Berg is.
• Die begrafnis is more (Donderdag) om 14:00, uit die NG Kerk, Suid gemeente.
Lees vorige berigte hier:
Blomme langs pad vir ma wat in ongeluk sterf
For daily news updates:
Send a message to our SMS line 33658, like us on Facebook and follow us on Twitter.
For videos check out our YouTube channel.
