(Grafiese Inhoud) Watter spinnekop het my gebyt?
Hoe weet jy watter spinnekop het jou gebyt en wat staan jou te doen?

Slang- en spinnekopkenner, Victor Boshoff, kan deur middel van ’n foto wat geneem word van die spinnekop- of slangbyt identifiseer wat jou gebyt het.
In die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer (23 Desember) vertel mnr. Boshoff hoe spinnekopbyte toegeneem het.
Hy het vir www.mobserver.co.za foto’s gestuur van bytplekke en genoem dat ’n buisie Supiroban salf onontbeerlik is in enige noodhulptassie, aangesien dit baie goed werk vir spinnekopbyt.
Mnr. Boshoff meld dat baie mense bytplekke van onder andere die Schoemansvlooi, grasvlooie en selfs bosluise soms met spinnekopbyte verwar.
• Die goue reël is om nié die bytplek, wat soms lyk soos ’n puisie, oop te maak nie. As jy daaraan krap en druk, kan erge weefselskade intree. Maak seker dat sig wat uit ’n spinnekopbyt loop, nie op gesonde gedeeltes van jou vel kom nie, want dan kan dit verder aansteek.
• Hier is ’n paar foto’s van bytplekke wat mense vir hom gestuur en hy geïdentifiseer het.









