News

Gesoekte vrou pleeg selfmoord na polisie toeslaan

'n Vrou wat al vir meer as twee jaar as voorvlugtende vir die polisie wegkruip, het oor die naweek selfmoord gepleeg toe die polisie op haar toeslaan.

Madeleine Lombard, wie se laaste bevestigde adres in Middelburg was, het in Port Elizabeth se gespesialiseerde hof vir kommersiële misdrywe, skuldig gepleit op bedrog nadat sy haar valslik as ‘n finansiële adviseur voorgedoen het en iemand uit R200 000 bedrieg het.

Sy het egter nooit vir haar volgende hofverskyning, waarin sy gevonnis sou word, opgedaag nie.

In Junie het die Valke ‘n persverklaring uitgestuur wat ook in die Middelburg Observer gepubliseer is waarin hulle vra vir inligting oor me. Lombard, wat ook die vanne Bester en Kruger gebruik het.

Lede van die Valke het oor die naweek inligting ontvang dat me. Lombard haar op ‘n kleinhoewe naby Centurion bevind.

‘n Opsporingspan is soontoe om na haar te gaan soek.

Kort nadat die polisie egter vir me. Lombard en haar man opgespoor het, het sy haarself in die kop geskiet en is op die toneel dood verklaar.

Die vuurwapen was nie in haar naam geregistreer nie en behoort aan iemand wat reeds in 2009 dood is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button