News
Bekende inwoner oorlede
’n Bekende Middelburg inwoner is op Nuwejaarsdag oorlede. Johan Holtzhausen (66) is na ’n kort siekbed by sy huis oorlede terwyl sy seun Nico, uit die huis is om vir die ambulans die hek te gaan oopmaak.
Mnr. Holtzhausen was sedert 1960 ’n inwoner van Middelburg. Hy het sy vakleerlingskap by Thos Begbie gedoen en het vir 21 jaar by Columbus gewerk. In 1989 het hy JNJ Afslaers begin.
Hy sal onthou word vir sy liefde vir oudhede, veral lampies. Kliënte was dikwels omgekrap omdat hy geweier het om van die goedere in sy besigheid te verkoop.
Besoekers moes ook altyd eers ’n rukkie kuier voordat hy hulle laat loop het. Hy laat sy vrou en seun agter.
Mnr. Holtzhausen se roudiens word Donderdag 11:00 in die Witkerk gehou.
Indien iemand met die familie in verbinding wil tree kan hulle vir Nico (082 697 5374) bel.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
