NewsUpdate

Opvolg: Is lodge aan die brand gesteek?

Is The Bridge, ’n lodge naby Groblersdal, op 28 Desember kwaadwillig aan die brand gesteek?

Dit is die moontlikheid wat deur die Polisie ondersoek word, na die hele lodge in puin gelê is.

Kaptein Khanysile Zwane, Middelburg polisiewoordvoerder, het bevestig dat forensiese deskundiges van Gauteng die toneel besoek het.

’n Ooggetuie het intussen na vore gekom, wat die aand van die brand ’n hond om 23:00 hoor blaf het en ’n bakkie van die lodge sien wegjaag het. Toe hy na buite kyk was die lodge se lapa in vlamme.

Intussen sit Sam en Ivy O’Reilly, wat die lodge bedryf het, in sak en as.

Die egpaar is by ’n myn afgelê en het toe Kranspoort Pub and Grill verkoop.

Nadat hulle die Kranspoort kroeg verkoop het, het hulle The Bridge die laaste vyf maande gehuur.

Die gewilde kuierplek is opgekikker met ’n R2 miljoen belegging van die O’Reilly egpaar en die dag van die brand is R25 000 se drank, kos en ys gekoop om reg te maak vir die nuwe jaar.

Alles is in die brand vernietig en die egpaar woon tydelik in ’n ander chalet.

The Bridge brand af

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button