Vrou deur ‘pastoor’ met verfballe geskiet
’n Vrou is deur ’n man, wat homself ‘die pastoor’ van ’n kerk in Joubertstraat genoem het, deur verfballe geskiet, omdat sy op die kerk se grasperk gesit het.
Poppy Mnisi sê dat hulle op die grasperk gesit en eet en drink het omdat hulle nie wou gehad het dat iemand hulle moet aankla van drink in die openbaar nie.
’n Man met ’n silwer Mercedes het glo aangejaag gekom en haar sonder waarskuwing met ’n verfbalgeweer geskiet, terwyl sy op die grasperk gesit het.
Toe hulle opstaan en loop het die man ’n hek toegemaak en gesê dat hy hulle “f*kk*n vrek sal maak” as hy hulle weer daar kry.
’n Ooggetuie, Cherise Slabbert, het die hele petalje sien gebeur en sê dat die man haar byna omgery het.
Me. Mnisi het besluit om nie ’n klag by die polisie te gaan lê nie. Sy sê dat die man se hart sleg is en dat ’n kriminele klag dit nie beter gaan maak nie.
Lees ander nuus hier:
N4 Vosman protest site cleared, open for traffic
N4 closed at Vosman due to protest on highway
Opvolg: Is lodge aan die brand gesteek?
Damstand stabiliseer te danke aan naweekreën
