Damstand sak nie, kan styg met voorspelde naweekreën
Die Middelburg damstand is volgens damopsigter, mnr. Neels Struwig, sedert die naweek stabiel op 48,6%. Al het dit in die opvangsgebied 45 mm gereën wil die watertjies maar net nie weer tot oor die 50 % klim nie.
Die stabilisering is te danke aan die afgelope naweek se reën, met ’n neërslag van 42 mm by die dam self gemeet.
Volgens mnr. Struwig word goeie reënval volgens voorspellings die komende naweek verwag.
Hy het grappenderwys gesê dat al die vakansie kampeerders nou weg is, “en die reën maar kan kom!”.
Volgens mnr. Struwig was daar sedert Vrydag, toe die dam op 48,64% was, nie ’n beduidende daling in die damstand nie.
Lees ander nuus hier:
VIDEO (Waarskuwing – Nie vir sensitiewe luisteraars) – Soos diere agtervolg hulle man
N4 Vosman protest site cleared, open for traffic
N4 closed at Vosman due to protest on highway
Opvolg: Is lodge aan die brand gesteek?
Damstand stabiliseer te danke aan naweekreën
