News

Vyf begin skoolloopbaan hoog

Hoe sê hulle? “Don’t drink and drive, smoke and fly!”

Terwyl die land in euforie is met al die skatlikste en oulikste graad eentjies se eerste dag op skool, het vyf leerlinge van ’n Middelburgse skool besluit hulle eerste skooldag van 2017 begin op ’n HOOGtepunt, by wyse van spreke.

Die hoërskool leerlinge het drentel-drentel en laat by die skool opgedaag, waar die lang arm van die gereg toevallig teenwoordig was.

Hulle is deursoek, waarna ’n hoeveelheid dagga by hulle gekry is.

Die leerlinge is later onder hulle ouers se toesig vrygelaat.

Met die stories oor dagga wat gewettig gaan word en al die voordele daarvan, het die vyf dalk net gedink ’n dampie of twee voor die eerste skooldag, is net die ding om die land se wiskunde probleme op te los.

Of dalk het hulle net te veel op hierdie eerste moeilike eerste dag ag geslaan op die gesegde “so kalm soos ’n daggawalm”.

VIDEO (Waarskuwing – Nie vir sensitiewe luisteraars) – Soos diere agtervolg hulle man

N4 Vosman protest site cleared, open for traffic

N4 closed at Vosman due to protest on highway

Opvolg: Is lodge aan die brand gesteek?

Damstand stabiliseer te danke aan naweekreën

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button