News

Damvlak begin weer daal

Die Middelburgdamvlak is steeds onder 50%.

Die dam het vanoggend op 48.13% gestaan en daar is geen styging tans te bespeur nie. Oor die naweek het dit 22 mm by die dam gereën.

Die Witbankdam staan tans op 91% en vanoggend sal ’n toetssluis op 300mm oopgemaak word.

Mnr. Neels Struwig (damopsigter) het gesê dat riemtelegramme onwaar is wat versprei dat keerdamme van plase tussen ons opvanggebied (Hendrina) en Middelburg die rede is waarom Middelburgdam nie styg nie.

“Die baie reën op Ermelo en Bethal het niks met ons uit te waai nie! Al daardie water gaan Witbankdam toe. Ons kry nie water nie, want dit reën nie op Hendrina nie. Dit is ons enigste opvanggebied.”

Hy het ook gemeld dat niemand die rivier mag opblok nie en dat indien daar wel ’n keerdam is, daar ’n oorloop in die rivier moet wees.

• Alhoewel dit die vorige naweek 42 mm by die Middelburgdam en 45 mm op Hendrina gereën het, het dit géén verskil aan die dam gemaak nie. “Dit was net ligte reën. Ons het ’n storm in die opvanggebied nodig om die rivier weer aan die gang te kry!”

• Mnr. Gawie Steyn, inwoner van Hendrina, het bevestig dat dit net ’n katspoegie op Hendrina gereën het oor die naweek. Daar is net 7 mm op dié dorp gemeet.

• Die gemeenskap word gevra om steeds streng by die waterbeperkings te hou.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button