Video: Bobby word Vernon vir twee dae
Die oud Middelburger, Vernon Barnard, is nie net besig om die land aan die brand te sing nie, hy laat ook die traankliere oortyd werk.
Miljoene mense het sedert verlede jaar na die video gekyk toe hy The Story of my Life op The Voice gesing het.
Bobby van Jaarsveld, wat hom as een van sy deelnemers gekies het, het so gehuil dat hy later deur Karin Zoid getroos moes word.
Die Barnard gesin het lank in Viljoenstraat op Middelburg gewoon, voordat hulle verlede jaar terug getrek het Strand toe.
Vanaand om 20:30, op VIA (DStv-kanaal 147), gaan Bobby vir twee dae in Vernon se skoene wees as blinde.
Die program beloof om ’n emosionele wipwarit vir Bobby en sy suster Karlien te wees. ’n Voorskou wys hoe Bobby met sy kop in sy hande sit en duidelik nie die uitdagings van ’n blinde Vernon kan hanteer nie.
Intussen het Vernon sy enkelsnit liedjie en video vrygestel deur Universal Music South Africa.
Die liedjie, I Like It That Way, word gereeld op radiostasies gespeel.
