Plaasskole toegemaak
Terwyl daar landwyd gesukkel word met ’n tekort aan skole, staan verskeie plaasskole in die Middelburg omgewing dolleeg.

Die www.mobserver.co.za span het hierdie week besoek afgelê aan drie van ses skole wat onlangs in die distrik toegemaak het.
By Poolzee Gekombineerde Skool is daar handboeke en hope stoele gevind. Daar word op die klaskamers se vloere vuur gemaak en verskeie goedere soos ligskakelaars, ’n transformator en boorgatpomp is reeds geplunder.
By Ongeziens Gekombineerde Skool bly daar tans mense in die klaskamers.
Daar is ook ’n jeugsentrum vir die gemeenskap gestig wat hulpbronne soos internettoegang, faksmasjiene en drukkers aan die omliggende inwoners beskikbaar stel.
By Elandslaagte Skool is daar biblioteekboeke, handboeke en selfs ’n drukker wat op ’n hoop in die wind en weer agter gelaat is.
Die amptelike woordvoerder, Jasper Zwane, het nie betyds op navrae gereageer nie.








