News

Trokbande/dagga ‘groei’ tussen mielies

Daar was 'n advertensie wat gesê het: "Jy plant die mielies, ons dra die risiko", maar deesdae plant boere die mielies en dan kom daar trokbande en dagga in die lande op.

Saterdagoggend is daar 11 splinternuwe trokbande tussen mielies gekry en dié week het die polisie 239 kg se dagga opgespoor, wat so saam met die mielies gegroei het.

Van die 20 trokbande wat in die nag by FTX in Vaalbank gesteel is, is 11 kort daarna in die mielielande by Pienaardam gekry.

Sowat 14 rowers het sekuriteitswagte van Pridi Sekuriteit oorval en vasgebind, waarna hulle twee bakkies en die trokbande gesteel het. Die bakkies is ure later in die Vaalbank omgewing gevind.

Net twee dae later het daar nog ‘n verrassing vir die polisie gewag.

Maandag het lede van die Middelburg Berede-eenheid opgemerk dat die mielies in ‘n mielieland in Doornkop darem bietjie te welig groei.

Met nadere ondersoek het hulle gevind dat daar rye en rye dagga saam met die mielies geplant is.

Die lede het 239 kg dagga uitgetrek.

Geen verdagtes is nog op enige van die genoemde sake vasgetrek nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button