News

Bekende in vleisbedryf pleeg selfmoord

’n Bekende in die plaaslike vleisbedryf, Kobus Pieterse, het gisteraand selfmoord gepleeg.

Daar is verneem dat mnr. Pieterse homself gistermiddag (Dinsdag) by sy kantore in eMalahleni geskiet het.

Hy was die eienaar van die Witbank Abbatoir en ’n jaarlikse borg by die Hartland Landbouskou wat by Pienaardam gehou word.

Mnr. Pieterse was ’n bekende gesig by talle lewendehawe veilings in die omgewing.

Hy was jaarliks ’n eregas by die gewilde skaapkopaand en ’n groot vriend van mnr. Gerrie Gerrits, eienaar van Pienaardam.

Kobus Pieterse besig met ’n toespraak by die Hartland Landbouskou op Middelburg.
Kobus Pieterse besig met ’n toespraak by die Hartland Landbouskou op Middelburg.

Mnr. Gerrits het Dinsdagaand sy skok uitgespreek oor mnr. Pieterse se afsterwe.

•Mnr. Pieterse se afsterwe kom skaars vyf dae nadat ’n geliefde inwoner van Middelburg, me. Magda van Staden, haarself opgehang het by haar huis in Aerorand.

kobus1

Sy het ’n brief nagelaat wat in die polisie se besit is.

Lees ander nuus hier:

Video and photos: Ambulance hit by hippo outside Pretoria

Toyota bakkie verdwyn

Six die in horrific crash

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Check Also
Close
Back to top button