News

Dramatiese video van sakeman se duin ongeluk

’n Bekende in die vleisbedryf se selfmoord Dinsdag het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur.

Kobus Pieters was in ’n dramatiese video op Kyknet se Feite en Geite in 2013 toe sy viertrek voertuig by ’n duin afgerol het en die hele petalje op kamera vasgevang is.

Die ongeluk het gebeur terwyl mnr. Pieters en sy skoonseun Christo van der Merwe saam met ’n toergroep in

Namibië was en hulself met die helling van ’n duin misgis het.

Mnr. Van der Merwe het uitgeval toe hul Toyota Landcruiser omval maar mnr. Pieters was binne in die voertuig terwyl dit teen die duin afgerol het.

Nie een van die mans is in die voorval beseer nie. Die video was een van die finaliste op die televisie program.

• Mnr. Pieters se begrafnis sal plaasvind op Donderdag 9 Februarie, om 11:00, vanaf sy plaas.

Bekende in vleisbedryf pleeg selfmoord

Lees ander nuus hier:

Businessmen accused of Billions in fraud

Suster roep tevergeefs na broer

Bekende boer aangeval

Bekende in vleisbedryf pleeg selfmoord

Video and photos: Ambulance hit by hippo outside Pretoria

Toyota bakkie verdwyn

Six die in horrific crash

Back to top button