Goedkoop huise kwel Kanonkop inwoners
Kanonkop inwoners is glad nie geneë met die stadsraad se planne om twéé laekostebeshuisingsprojekte op dié buurt se voorstoepe te bou nie.
www.mobserver.co.za kan onthul dat die laekostebehuisingsprojek, reg oorkant Sprinboklaan, Dinsdag tydens die raadsitting goedgekeur is.
Die grond beslaan een hektaar en is bykans R4 miljoen werd.
Die raad het bevind dat die bestaande Kanonkop uitbreiding vier dienslyne, soos water en riool, voldoende is om die ekstra lading te hanteer.
DA raadslid, Helda de Klerk het beswaar gemaak teen die beplande uitbreiding, maar die ANC het haar vinnig afgeskiet.
ANC raadslid, Mondli Itumeleng het gekap deur te sê dat die stap nodig is om armes ook die geleentheid te bied om toegang tot goeie skole in Dennesig en Kanonkop te kry.
Daar word ook ’n tweede laekostebehuisingsprojek langs Steelcrest High School beplan.
Lees ander nuus hier:
Dramatiese video van sakeman se duin ongeluk
Businessmen accused of Billions in fraud
Suster roep tevergeefs na broer
Bekende in vleisbedryf pleeg selfmoord
Video and photos: Ambulance hit by hippo outside Pretoria
