Sussie toestemming geweier om na broer se begrafnis te gaan
Tara Moore, wat tevergeefs uit ’n polisiesel na haar broer geroep het toe hy selfmoord gepleeg het, kon nie Maandag sy begrafnis bywoon nie.
Owerhede het volstrek geweier ondanks die ingryping van ’n prokureur en ’n pa se pleidooie.
Thorn Moore het homself twee weke gelede met sy eie broek in die badkamer van die sel waar hy aangehou is, gehang.
Hy het voordat hy selfmoord gepleeg het, vir sy sussie Tara gesê dat hy dit gaan doen en gevra dat sy na hul ouers en haar twee kinders sal omsien.
Thorn was baie lief vir Tara se twee kinders.

Die oggend voor sy begrafnis het Trevor Moore, Thorn en Tara se pa, ’n laaste keer probeer om toestemming te kry sodat sy dogter haar broer se begrafnis kon bywoon.
Hy is afgejak met “It is not going to happen,” deur ’n polisie offisier.
Die Middelburg polisie is genader oor die omstandighede rondom Thorn se dood en bewerings dat polisiemanne aan diens vir Tara uitgelag het toe sy hulle gevra het om haar broer dop te hou omdat hy homself wil skade aandoen.
Kapt. Khanyisile Zwane, Middelburg polisie woordvoerder, het gesê dat daar niks was wat die polisie kon doen om die selfmoord te verhoed nie. Prisoniers word privaatheid gegun as hulle badkamer toe gaan.
“Thorn het niks onwettigs by hom gehad waarmee hy homself kon skade aandoen nie. Sy veters en leergordel is van hom afgeneem,” sê kapt. Zwane.
Thorn het die soom van sy broek uitgeskeer en dit as ’n tou gebruik wat hy aan die tralies voor die badkamervenster vasgebind het.
Die beweringe oor die polisie se uitlag van Tara se pleidooie, word nog ondersoek.
Lees ander nuus hier:
Dramatiese video van sakeman se duin ongeluk
Businessmen accused of Billions in fraud
Suster roep tevergeefs na broer
Bekende in vleisbedryf pleeg selfmoord
Video and photos: Ambulance hit by hippo outside Pretoria
