Video: “Ons mors nie! Ons is dankbaar vir die kos”
“Is nie!” kom die ontkenning Vrydag uit drie boemelaar monde gelyk in Tosca winkelsentrum se parkie - daar waar die trio glo hul hondekos, wat Samaritane vir hulle aandra, uitsmyt, volgens ’n ander boemelaar wat sê hy’s “eerlik, die ander spul nie”.
Rassie en Janetta Botha bly al lank onder ’n seiltjie in die park, saans slaap hulle op die melkery se stoep, knus toegewikkel saam hul twee liefling brakke.
Amanda Fourie is nuut by Tosca, sy bly eintlik in ’n township sonder krag en water, maar kom bedel soms hier saam met haar Jack Russel.
Die gemeenskap dra gereeld hondekos aan, maar Vrydag kon ’n ander boemelaar dit nie meer uitstaan nie, en moes kom kla dat die hondekos vermors word, en bloot op die gras uitgegooi word.
Die Bothas en Amanda ontken dit.
Lees ander nuus hier:
Dramatiese video van sakeman se duin ongeluk
Businessmen accused of Billions in fraud
Suster roep tevergeefs na broer
Bekende in vleisbedryf pleeg selfmoord
Video and photos: Ambulance hit by hippo outside Pretoria
