Beloning vir erfstuk ringe
Daar word gesoek na ’n jong man wat vermoedelik met ’n aksienetbalspeler se sak weggeloop het, met twee ringe wat familie erfstukke is, daar in.

Daar word nou ’n beloning vir die ringe aangebied en die eienaar is selfs bereid om dit by die man wat die sak gevat het, terug te koop.
Lezaan Janse van Rensburg het Maandagaand aan ’n netbaltoernooi by die Middelburg Blitsbalbaan deelgeneem. Toe sy van die baan af kom was haar sak skoonveld.
’n Ooggetuie, wat versoek het om anoniem te bly, het vertel dat sy ’n jong man met die sak teen sy bors geklem, sien loop het. Die man is as Andre Venter geïdentifiseer.
In me. Janse van Rensburg se sak was haar foon, beursie en haar verloof- en trouring. Die ringe is erfstukke wat onvervangbaar is.

Daar is vasgestel dat mnr. Venter die naweek in Brits was en daarna Pretoria toe sou gaan om werk te gaan soek. Hy word gewoonlik saam met sy vrou gesien en hulle ry ’n ou model Chevy Spark wat grys van kleur is.
Dinsdagmiddag het iemand gesê dat hulle die paartjie naby die Samora Machel brug, by die silo’s sien loop het.
’n Kar wat die paartjie se beskrywing pas, is in die ou Pick ’n Pay parkeerterrein opgespoor. Daar was egter niemand by die voertuig nie.
Me. Janse van Rensburg het ’n saak by die polisie geopen. Enige een met inligting kan haar by 072 248 3855 bel.
Lees ander nuus hier:
Dogs poisoned to get to motorbikes
My Body My Space festival to enchant Highlands
Dramatiese video van sakeman se duin ongeluk
Businessmen accused of Billions in fraud
Suster roep tevergeefs na broer
