NewsBreaking News

Gevreesde wurms slaan toe op Middelburg

Die gevreesde kommandowurm, of Fall Armyworm soos wat dit in Engels bekend staan, is op ’n plaas naby Middelburg geïdentifiseer.

Die wurm het van Noord Afrika na Suid-Afrika gemigreer en is ’n paar weke gelede eerste in die Limpopo en Noordwes provinsies opgemerk.

Die kommandowurm is nie die gewone plaag wat op eie bodem voorkom nie en het nie op tradisionele gifstowwe gereageer nie.

Daar is verlede week berig dat verskeie chemiese maatskappye aansoek gedoen het vir noodregistrasies om nuwe gifstowwe op die rak te kry vir die plaag.

mielie (LL ZN)

Dit is bevestig dat minstens drie van die noodregistrasies klaar goedgekeur is en dat daar gifstowwe vir die wurms beskikbaar is.

Pieter Erasmus, ’n chemiese agent op Middelburg, sê dat daar geen rede vir paniek is nie.

“Moet net nie opslip en dit nie raaksien nie. Roep jou werkers bymekaar en wys vir hulle foto’s van die wurms en die tekens. Die foto’s word oral op sosiale media gesirkuleer. As jou beeswagter beeste toe ry, laat hy gou by die mielies aangaan. As jy verby ’n mielieland ry, stop en kyk.”

Lees ander stories hier:

Be careful where you point that drone!

Dogs poisoned to get to motorbikes

My Body My Space festival to enchant Highlands

Dramatiese video van sakeman se duin ongeluk

Businessmen accused of Billions in fraud

Suster roep tevergeefs na broer

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button