Mans sê vrou is seksmal
Twee mans wat moontlik aangekla gaan word onder die seksuele misdrywe wet, sê ’n seksmal ma het haar kind voorgepraat om vir haar pa te sê dat hulle haar gemolesteer het.

Beide die mans het vir www.mobserver.co.za vertel hoe lank hulle met die kind se ma deurmekaar was. Die een man was ook met haar getroud.
Hul verhale is bykans dieselfde en het gemeld dat as hulle nie vir haar geld wou gee of aan haar eise wou voldoen nie, dat sy gesê het dat sy die polisie gaan bel en sê dat hulle haar dogter gemolesteer het.
Verder is gesê dat sy verskeie buite-egtelike verhoudings gehad het en ook pornografiese foto’s van haarself vir die mans gestuur het.
As hulle haar daaroor gekonfronteer het, het sy klaarblyklik “beserk” geraak en hulle aangeval.
• Die kinders is tans in die sorg van hul biologiese pa, nadat hy vir ses jaar na hulle gesoek het omdat die ma met hulle verdwyn het.
Hy het klagtes aanhangig gemaak teen die mans nadat die twaalfjarige dogtertjie vir hom vertel het dat die mans haar onder andere betas het.
Hy het gemeld dat hy ook die ma gaan laat aankla “omdat sy geweet het dat hulle dit doen en niks daaraan gedoen het nie.”
Lees ander nuus hier:
Gevreesde wurms slaan toe op Middelburg
Be careful where you point that drone!
Dogs poisoned to get to motorbikes
My Body My Space festival to enchant Highlands
Dramatiese video van sakeman se duin ongeluk
Businessmen accused of Billions in fraud
Suster roep tevergeefs na broer