News

Video: Boerderygemeenskap geskok deur twee se dood

Die boerderygemeenskap is die afgelope twee weke geskok met die afsterwe van twee baie bekendes in die bedryf.

Mnr. Kobus Pieters het verlede week sy eie lewe geneem, deur homself by die Witbank Abattoir te skiet.

Wyle Kobus Pieters.
Wyle Kobus Pieters.

Hy was vir jare die eienaar van die abattoir en het opslae gemaak met verskeie regsaksies teen die eMalahaleni Stadsraad om hom van basiese dienste te voorsien.

Mnr. Pieters het ’n skrikwekkende ongeluk oorleef, toe sy Land Cruiser van ’n duin afgerol het in 2013.

Die video is later op Kwêla se Feite en Geite vertoon.

Sy begrafnis is Donderdag 9 Februarie, om 11:00, op sy plaas.

•’n Bekende boer en landbouleier van Nigel, mnr. Many da Costa (65), is op 25 Januarie in ’n motorongeluk dood op die N12 naby Botoleng.

Mnr. Da Costa was vir jare hoofbestuurslid van Graan SA en raadslid van die Beefmasterstelersvereniging.

Hy en sy broer Johnny het die bekende Manjoh Ranch Boerdery besit.

’n Video doen tans die rondte op sosiale media wat wys hoe verloor mnr. Da Costa beheer oor sy bakkie, wat oor die hoofweg skiet en dan begin rol.

 

Lees ander nuus hier:

Be careful where you point that drone!

Dogs poisoned to get to motorbikes

My Body My Space festival to enchant Highlands

Dramatiese video van sakeman se duin ongeluk

Businessmen accused of Billions in fraud

Suster roep tevergeefs na broer

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button