Water gepomp vanaf Witbankdam
Sedert verlede week word daar vanaf die Witbankdam surpluswater na Pienaardam op Middelburg gepomp.
Mnr. Rudolph Bouwer (Adjunk Direkteur, Siviele Ingenieursdienste) het bevestig dat daar nie water na die Middelburgdam gepomp word nie.
Hy sê dat water wel vanaf die Middelburgdam na die RMB rouwater reservoir naby Rockdale substasie gepomp word en vandaar kan dit graviteer na Pienaardam. Maar water kan nie teruggepomp word na Middelburgdam nie.
Hierdie reëling is getref tussen die twee munisipale bestuurders van eMalahleni en Steve Tshwete.
Daar is gereël dat hulle eerder die surpluswater na Middelburg pomp, as om dit in die rivier vry te laat, nadat die wetlike loslating van kompensasie water in die Olifantsrivier reeds gedoen is.
Gerugte dat daar reeds water na die Vaalbank Waterwerke gepomp word vir dorpsgebruik, is onwaar.
Mnr. Bouwer het gemeld dat alhoewel die water na Pienaardam gepomp is, die kwaliteit van die water nie baie goed is nie en dat die gebruik daarvan onderhewig is aan die tipe flokkulant wat tans by Vaalbank Waterwerke gebruik word.
Weens die feit dat die Witbankdam vinnig vol geword het, het alles wat in die riviere stagnant gestaan het, in die dam beland en is dit die rede wat die kwaliteit van die water nie goed is nie.
Die water is gestuur vir analise en hulle wag vir die uitslae teen die einde van die week.
• Mnr. Bouwer sê dat indien die water wel geskik wees vir die Vaalbank Waterwerke, sal dit help dat die watergebruik vanuit die Middelburdam verminder na die dorp en sal dit die beskikbare volume in die Middelburgdam tot ’n mate “spaar”.
Die water vanaf Pienaardam kan ook met bestuursvernuf deurgelaat word na Athlonedam in Aerorand om gesuiwer te word by die Krugerdam Watersuiweringswerke.
Lees ander nuus hier:
Be careful where you point that drone!
Dogs poisoned to get to motorbikes
My Body My Space festival to enchant Highlands
Dramatiese video van sakeman se duin ongeluk
Businessmen accused of Billions in fraud
Suster roep tevergeefs na broer
