Inwoners op hol gejaag oor hulp vir kind
Dit gaan veel beter met Jaco Janse van Rensburg wat gister deur ’n motor in Mineralia getref is.
Klein Jaco is nié ’n leerling van Laerskool C.R. Swart soos aanvanklik op Facebook berig is deur Rehana Pilodia nie, maar wel in die Saailand Speelgroep.
Klein Jaco het kopbeserings opgedoen in die voorval, maar hy het vanoggend self toilet toe gegaan, en ook vir sy ouma Marie gesê hy wil huistoe kom.

Jaco is nie in die intensiewe waakeenheid opgeneem nie, en sterk tans in die kindersaal aan onder die wakende oog van sy ouers.
Lees verwante stories hier:
Opvolg: Familie hoopvol oor Aiden
• Koop jou uitgawe van die Middelburg Observer vir die ware feite, en onderhoud met sy ouers.
Lees meer nuus deur die Middelburg Observer gaan Like ook ons Facebook volg ons ook op Twitter en Instagram
