NewsUpdate
Opvolg: Man se liggaam gekry
Lede van die Middelburg Honde-eenheid het die liggaam gekry van ’n man wat al oor die naweek in die Vaalrivier verdrink het.

Sers. Tinalia van der Merwe en haar hond, Vector, het netnou mnr. Bazil van Zyl se lyk gevind.
Adj. André Smit en sy hond, Yeva, het gisteroggend die lykie gekry van die sesjarige Randy van Zyl.
Randy het oor die naweek in die rivier geval.
Dit is ’n gedeelte van die Vaalrivier wat deur Rooikoppen vloei naby Standerton.
Sy oom, mnr. Bazil van Zyl, het agterna gespring om hom te probeer help, maar het ook verdrink.
Lees vorige storie hier: Honde – eenheid help soek na lyk
Lees meer nuus op die Middelburg Observer webwerf en gaan “Like” ook ons Facebook volg ons ook op Twitter en Instagram
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
