NewsUpdate

Opvolg: Lieglysie word by die dag langer

Middelburg se berugte leuenaar se lysie word by die dag langer.

Carmen White-Sharpley, was die afgelope twee weke in die nuus oor bewerings van bedrog en diefstal.

Haar probleme met leuens en diefstal het volgens familielede al op skool begin. Aan die begin het sy net hier en daar ‘n paar rand vasgelê.

Nou het dit aan die lig gekom dat sy:

•Gelieg het oor twee miskrame.

•Gaan petrol ingooi het by ‘n bekende vulstasie op die dorp maar nie betaal het nie.

•Gelieg het dat sy geteister word deur iemand.

Vir vyf dae in ‘n gastehuis gebly het en nooit betaal het nie.

•Daar was ‘n voorval waar sy in iemand vasgery het en die persoon vir haar gesê het hy sal haar voertuig ook regmaak teen ‘n bekostigbare prys.

Sy het hom egter nooit terugbetaal nie en het hy haar voertuig een dag by McDonald’s sien staan.

Hy was so kwaad, dat hy met ‘n bofbalkolf haar voertuig onherstelbaar flenters geslaan het, na haar toe gegaan het en gesê het: ‘nou skuld jy my niks!”

Carmen Dee? Leigh? White-Sharpley?

•Sy het vir R150 geëet en gedrink by Wimpy, maar haar debietkaart het nie genoeg geld op gehad nie en sy het net uitgestap.

•Geld gesteel het by ’n kerk.

• Sedert die eerste berigte oor White-Sharpley begin verskyn het, het sy haar selfoon afgesit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button