Mosambieker geskiet, misdaad skielik minder
Misdaad in Kanonkop en Dennesig het skielik gedaal nadat daar ’n lyk met ’n skietwond langs die Dennesig dammetjie gekry is.

Daar is intussen vasgestel dat die oorledene nie in besit van ’n paspoort was nie. Hy is as Armando Matabela uitgeken deur sy ‘broer’ wat homself op die toneel as Felix voorgestel het maar later aan owerhede gesê het sy naam is Mate.
Dit is duidelik dat die oorlendene dood is aan ‘n skietwond, maar dit is tans onduidelik of hy met ’n groot of klein kaliber wapen geskiet is.
Die Middelburg polisie het gesê dat die man op die toneel so vinnig daar was omdat hy die een is wat die polisie soontoe gelei het. Hy het glo vroeër ’n oproep gekry wat hom in kennis stel dat sy broer dood is en waar sy liggaam lê.
Die nommer van waar die man gebel het, het polisie na Avalon gelei. Die man het egter landuit gevlug voor hy ondervra kon word.
Alle radio- en reaksiegroepe was dit eens dat misdaad voorvalle heelwat minder is na die skietvoorval.
Ander nuus:
VIDEO: Man wat lyk vind vertel
Kragdraad skok 38 skape dood, Eskom sê dis natuurramp
Jong boer ontduik misdaad statistiek met vinnige optrede
Trane soos riviere by prysuitdeling
Nuus op ’n drafstap
Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuus flits skakels op jou foon te kry.
