Bosluise in baba se doek
Die paartjie wat beide vir die verkragting van hul dogtertjie aangekla word, sal weer later in die hof verskyn, nadat die saak uitgestel is, sodat hul regsverteenwoordiger die dossier onder oë kan kry.

Die dogtertjie is op agt jaar uit die sorg van die paartjie verwyder saam haar twee boeties wat onderskeidelik nege dae en nege maande oud was.
Bosluise is in die negemaandoue babaseuntjie se doek gekry toe die welsyn toeslaan. Die baba was so ondervoed en siek met geelsug dat hy vir bykans twee weke gehospitaliseer moes word.
Lees ook: Tehuis baba sterf na berigte oor omstandighede daar
Die dogtertjie was op die vlak van ‘n driejarige omdat sy nooit deur haar ouers skool toe gestuur is nie.
Sy het haar op dié ouderdom ook nog self bevuil omdat sy nie die toilet kon gebruik nie.
Die kinderhof het eers al die kinders in permanente veilige bewaring geplaas voordat ‘n kriminele ondersoek teen die ouers gelas is. Hulle het egter sak en pak eMalahleni toe gevlug, waar maatskaplike werker, me. Marna Cronje, hulle by familie daar opgespoor het.
Lees ook: Baba val uit oop venster toe ma draai
Beide is toe gearresteer en borg is kort hierna geweier omdat hulle as ‘n vlugrisiko gesien is. Die ouers staar beide vier klagtes van verkragting van die dogtertjie in die gesig.
Dié klagtes het nie betrekking tot spesifieke voorvalle van verkragting nie, maar een klag elk vir elke jaar oor vier jaar wat die staat beweer die meisie verkrag is.
Daar sal tydens hulle volgende verskyning ‘n verhoordatum vasgestel word.
Other news:
Classic Clashes: “Beste memory” nou verby
Noord en Suid in reuse rugbyweek
Dam styg na baie reën
Plaasaanval naby Marble Hall
Classic Clashes afgestel
Video: Bokse vlieg by aflewerings trok uit
Dennesig Dam clean up draws community together
We investigate so called abortion clinics
“Annica van Staden stole my money”
Want breaking news on the go?
Add us on WhatsApp for regular news updates. Save the Middelburg Observer standby number 072 248 3855 on your phone and send a WhatsApp message with the words “Add me” to receive news links.