News

Bosluise in baba se doek

Die paartjie wat beide vir die verkragting van hul dogtertjie aangekla word, sal weer later in die hof verskyn, nadat die saak uitgestel is, sodat hul regsverteenwoordiger die dossier onder oë kan kry.

Die dogtertjie is op agt jaar uit die sorg van die paartjie verwyder saam haar twee boeties wat onderskeidelik nege dae en nege maande oud was.

Bosluise is in die negemaandoue babaseuntjie se doek gekry toe die welsyn toeslaan. Die baba was so ondervoed en siek met geelsug dat hy vir bykans twee weke gehospitaliseer moes word.

Lees ook: Tehuis baba sterf na berigte oor omstandighede daar

Die dogtertjie was op die vlak van ‘n driejarige omdat sy nooit deur haar ouers skool toe gestuur is nie.

Sy het haar op dié ouderdom ook nog self bevuil omdat sy nie die toilet kon gebruik nie.

Die kinderhof het eers al die kinders in permanente veilige bewaring geplaas voordat ‘n kriminele ondersoek teen die ouers gelas is. Hulle het egter sak en pak eMalahleni toe gevlug, waar maatskaplike werker, me. Marna Cronje, hulle by familie daar opgespoor het.

Lees ook: Baba val uit oop venster toe ma draai

Beide is toe gearresteer en borg is kort hierna geweier omdat hulle as ‘n vlugrisiko gesien is. Die ouers staar beide vier klagtes van verkragting van die dogtertjie in die gesig.

Dié klagtes het nie betrekking tot spesifieke voorvalle van verkragting nie, maar een klag elk vir elke jaar oor vier jaar wat die staat beweer die meisie verkrag is.

Daar sal tydens hulle volgende verskyning ‘n verhoordatum vasgestel word.

 

Other news:

Classic Clashes: “Beste memory” nou verby

Noord en Suid in reuse rugbyweek

Dam styg na baie reën

Plaasaanval naby Marble Hall

Classic Clashes afgestel

Video: Bokse vlieg by aflewerings trok uit

Dennesig Dam clean up draws community together

We investigate so called abortion clinics

“Annica van Staden stole my money”

Want breaking news on the go?

Add us on WhatsApp for regular news updates. Save the Middelburg Observer standby number 072 248 3855 on your phone and send a WhatsApp message with the words “Add me” to receive news links.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button