Plaasaanval naby Marble Hall
Mnr. Ockie Breedt is op Donderdagmiddag net voor 18:00 beseer in ’n plaasaanval net buite Roedtan op die Marble Hall pad.
Mnr. Breedt is buite by sy voertuig oorval deur 2 persone gewapen met ’n mes en pistool.
Lees ook: Pa skiet gesin uit gevaar tydens plaasaanval
Hulle het hom in die huis ingedwing en vasgemaak.
Die 2 persone het die huis begin omkeer en aangedring op kontant asook die kluissleutel.
Daar het ’n struweling ontstaan waarna mnr Breedt 8 keer met ’n mes deur een van die aanvallers ook gewond waarop hulle weggehardloop het.
Die hulp van boere in die omgewing, HPG en die SAPS is ontbied. Die personeel van die DLU noodvoertuig het mnr Breedt gestabileer op die toneel en afgevoer na die hospitaal in Mkopane waar hy mediese hulp onvang het.
Lees ook: Dogter verkrag tydens plaasaanval
HPG het positiewe spore op die toneel geidentifiseer waarna ’n grootskaalse opvolgoperasie van stapel gestuur is.
Boere van die Roedtan omgewing onder leiding van die veiligheidsverteenwoordigers van Potgietersrus DLU het paaie in die gebied toegemaak.
Die reën het die soektog baie bemoeilik en is afgelas omstreeks 21:00.
Die ondersoek duur egter voort.
Mnr. Johan de Beer, Veiligheidsvoorsitter van Potgietersrus DLU het die aanval ten sterktste veroordeel.
Hy doen ’n beroep op die gemeenskap om betrokke te raak by georganiseerde Landbou en plaaslike veiligheidstrukture.
Hy het sy dank uitgespreek teenoor HPG, Boere, die gemeenskap asook die SAPS wat so vinnig gereageer het.
Ander nuus:
Dam begin styg van baie reën
Classic Clashes tussen HTS Middelburg en MHS is afgestel
Stay safe during approaching holidays
Man probeer slang op straat te verkoop
Skelm man trek soos vrou aan
“Annica van Staden stole my money”
Volledige video: Vuisgeveg in Tracers
Verdagte in veld geskiet – inwoner verduidelik
Nuus op ’n drafstap:
Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuusflits skakels op jou foon te kry.”
