News

Jana Boshoff is Caxton se beste

www.mobserver.co.za se Jana Boshoff het binne nege jaar gevorder tot die 2018 Caxton Multimedia Joernalis van die Jaar.

Die toekenning is tydens ‘n glansgeleentheid in Johannesburg oorhandig.

Haar hoogstaande beriggewing na die plaasmoord op Sue Howard, wat internasionaal die aandag getrek het en berigte oor die sogenaamde “doodskistwee”, het die beoordelaars beïndruk.

Lees ook: Caxton joins war against poaching

Nie net het koerante oorsee haar berigte gedra nie, maar sy het ook verskeie radio-onderhoude met onder andere die BBC gevoer oor die Sue Howard moord.

Sy is ook twee jaar gelede aangewys as die Forum vir Gemeenskapsjoernaliste se joernalis van die jaar. ‘n Nasionale kompetisie vir gemeenskapsjoernaliste.

www.mobserver.co.za spog nou met die Caxton Joernalis van die Jaar in sy stal plus die Forum vir Gemeenskapsjoernaliste se Joernalis van die Jaar, nadat

Lees ook: Daleen Journalist of the year

Daleen Naude die toekenning verlede jaar gewen het.

•Die koerant het met ‘n persentasiepunt van .05 teen Die Laevelder in die tweede plek geëindig as koerant van die jaar.

•Johann Gresse was ‘n finalis in die sportkategorie.

 

Other news:

VIDEO: Classic Clashes – “Beste memory” nou verby

Noord en Suid in reuse rugbyweek

Dam styg na baie reën

Plaasaanval naby Marble Hall

Classic Clashes afgestel

Video: Bokse vlieg by aflewerings trok uit

Dennesig Dam clean up draws community together

Want breaking news on the go?

Add us on WhatsApp for regular news updates. Save the Middelburg Observer standby number 072 248 3855 on your phone and send a WhatsApp message with the words “Add me” to receive news links.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button