News

Grandpa boef steeds bedrywig

Die berugte Grandpa swendelaar het wéér toegeslaan om lugtyd en “Grandpa” pynpoeiers uit ’n loodgieter te swendel.

Die loodgieter, wat verkies om anoniem te bly, het gesê dat hy nooit die vorige berigte oor dié swendelaar raakgelees het nie.

“My storie is byna woord vir woord dieselfde as die voriges!” het hy uitgeroep nadat hy die berigte onder oë gehad het.

Lees ook: Boef sien sy Moses toe slagoffer hom met krieketkolf bykom

’n Man het hom Donderdag gebel en gesê dat sy geyser op die Stoffbergpad gebars het. Weens ’n bedrywige dag kon hy nie aandag aan die probleem gee nie.

Vrydag het die man hom wéér gebel, maar dit het erg gereën en hy het vir hom gesê dat hy nie in die reën die dak kan oopmaak nie.

Daar is op die ou einde ooreengekom dat hy Sondag die geyser sal vervang.

Die ‘boer’ het egter lastig geraak en aanmekaar oor die naweek gebel en gesê die loodgieter gaan nie die plek kry nie, hy sal langs die pad vir hom wag.

Ek was al op pad na die plaas, toe hy bel en vra of ek nie vir hom lugtyd en Grandpa pynpoeiers sal saambring nie. Hy sal vir my die geld gee as ek daar kom.

Lees ook: Boer vs Boef in OR Tambo

Nadat hy al kilometers ver gery het, het die ‘boer’ weer gebel en gevra of hy nie solank vir hom die lugtyd se nommer wil gee nie.

Hy het egter voet by stuk gehou dat hy dit eers vir hom gaan gee as hy by hom is.

Nadat hy byna tot in Laersdrift gery het, het die loodgieter besef dat dit ’n slenter is en omgedraai.

Met sy tuiskoms, het hy sy vrou vertel van die gebeure.

Die oomblik toe hy die woorde ‘lugtyd’ en ‘Grandpa’ poeiers sê, het ek dadelik vir hom die berigte in die koerant gewys. Gelukkig het hy nie vir hom die lugtyd se kode gegee nie!

•Mnr. Rex Walton was die eerste slagoffer in Maart toe die ‘boer’ hom gebel en navraag gedoen het oor sy grassnyer, wat hy te koop geadverteer het in die Middelburg Observer.

Lees ook: “Belfast Boef” landwyd gesoek

Hy was ook al op pad na die plaas op die Stoffbergpad, die die man gevra het vir lugtyd en Grandpa poeiers. Met sy slimpraatjies het hy mnr. Walton oortuig om een van die lugtydkodes vir hom te gee en is mnr. Walton R110 kwyt.

•Twee weke later het hy slangvanger Fanie Strydom, wie se nommer ook gereeld in die Observer verskyn, gebel.

Dié keer was sy storie dat ’n mamba tien van sy skape doodgepik het en dat mnr. Strydom die slang moet kom vang.

Mnr. Strydom wou net ry, toe die man bel en vra dat hy vir hom lugtyd en Grandpa poeiers moet saambring.

Hy het besef dit is ’n slim set en die man verder geïgnoreer.

•In al die gevalle beloof die swendelaar sy slagoffers dat daar boonop vir hulle ’n pakkie vleis of biltong sal wag as hulle daar aankom.

Die mans is dit eens dat die gemeenskap bedag moet wees op dié swendelaar en dadelik moet lont ruik as die persoon spesifiek vra dat lugtyd gekoop moet word.

Die Grandpa poeiers en enige ander artikels waarvoor gevra word, is maar net ’n set om die slagoffers op ’n dwaalspoor te bring.

 

Ander Nuus:

Vernon se CD op rakke

Bosluise in baba se doek

Lunch time: How to eat right?

Classic Clashes: “Beste memory” nou verby

Noord en Suid in reuse rugbyweek

Dam styg na baie reën

Plaasaanval naby Marble Hall

Classic Clashes afgestel

 Nuus op ’n drafstap:

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuusflits skakels op jou foon te kry.”

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button