News

Kompetisie – Help besluit wie moet droomtroue wen

Help ’n voornemende bruid om ’n troupakket te wen deur hul stories te lees, en dan te stem vir wie jy dink die prys die meeste verdien.

Tydens Pienaardam se jaarlikse bruidskou, moes voornemende bruide ‘n vormpie invul, waarin hulle verduidelik waarom hulle die wen-troupakket verdien.

Die pakket sluit in:

’n Onlangse troue by Pienaardam. FOTO: Pienaardam.co.za

 

Hier is die 10 bruide wat gekies is en vir wie daar gestem kan word:

(Lees die rede waarom elke voornemende bruid voel sy moet wen en kies jou gunsteling.)

Bruid 1: Ilze van der Merwe

Op 1 November 2018 is ons al 10 jaar saam, die beste jaar om te trou. Op 8 Mei is ons al vyf jaar verloof. Ons kan nou nie meer wag nie.

Bruid 2: Joané Holtzhausen

Om die res van my lewe saam hom te kan spandeer so gou as moontlik. Ek is nog besig om te studeer en om te trou is nie perde koop nie. Om te wen, sal baie beteken vir my en my verloofde.

Bruid 3: Elmarie Olivier

Ons is twee jong verliefde onderwysers wat so ‘n bietjie ondersteuning nodig het vir ons droomtroue. Ons belê in die jeug, belê in ons.

Bruid 4: Chantelle Naudé

Ek is ‘n arm student wat baie graag haar droomtroue sal wil hou, maar finansies is nie volop nie en enige bietjie sal help.

Bruid 5: San-Mari Buys

We have been dating for six years. We have been best friends since grade two and we are just waiting to have enough money to get married.

Bruid 6: Puselletso Melato

We’ve been engaged for six years now and between helping our parents with living costs, we can’t afford our dream wedding. It could be amazing to have our dream come true.

Bruid 7: Tania Krantz

My grootste droom was ‘n pragtige troudag soos ‘n sprokie. Dit is wel ons tweede troue en dié keer wil ons dit vir ewig maak.

Bruid 8: Yolandie Lamprecht

‘n Troue is baie duur en elke keer stel ons dit uit omdat ons budget te klein is. Moet nou trou of nooit!

Bruid 9: Monique van Zyl

Ons is al drie jaar saam en het besluit dat dit tyd is vir die groot dag. Ons besigheid het skielik begin swaar trek en op dié stadium reël ons alles op geloof en ‘n belofte dat dit in ons toekoms is en van God is.

Bruid 10: Chantel McKenna

Lang afstand liefde is swaar en ons wil graag ‘I do’. Ons seun het nou ‘n wonderlike pappa gekry. Ons drie vir altyd.

 

Hoe om te stem:

• SMS die woord ‘bruid’, gevolg deur haar nommer (byvoorbeeld Bruid 1) na 33659. (Sms’e kos R1.50, gratis sms’e tel nie.)

• Die kompetisie sluit op 30 April om 17:00.

• Die wenner sal telefonies in kennis gestel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button