News

Goud, kontant, dwelms gekry toe Valke toeslaan

Die verdagtes wat vroeg in februarie 2016 deur die Valke by 'n Huis in Groblersdal gearresteer en aangfekla is vir die handel van dwelms, het Dinsdag weer in die streekhof verskyn.

Die arrestasie van ‘n vermeende dwelmbaas en sewe van sy trawante was die resultaat van ‘n jaarlange ondersoek deur die Valke. Ondersoek is ingestel na talle klagtes van inwoners van Groblersdal en Marble Hall ontvang is oor dwelmhandel in die gemeenskap.

Lees ook: Dwelms, moord, oorwinning

Die Valke het beslag gelê op R70 000 kontant, koeëlvastebaadjies van die polisie, een .303 geweer met 40 koeëls en ‘n AK-47  met 21 koeëls. Daar is verder beslag gelê op R29 000 kontant, R-1 geweer en ammunisie, asook koeëls vir die AK-47 wat weggesteek is in die stoor van die sakeperseel van die vermeende dwelmbaas.

Die perseel is in die taxi halte van Groblersdal. Daar was ook ’n groot hoeveelheid dagga by die sakeperseel gevind.

Lees ook: Dorp ruk op teen dwelms

Daar is beslag gelê op ‘n totaal van vier vuurwapens, twee voertuie en vyf stukke goud.

Daar is klagtes van dwelmhandel, onwettige besit van vuurwapens en ammunisie en die onwettige besit van goud teen die groep ondersoek.

Van die agt verdagtes wat gearresteer is, het een in Groblersdal landdroshof verskyn. John Basaphu Maila het vir die handel en besit van dwelms verskyn en die saak is uitgestel na 11 Julie vir verhoor.

 

Ander nuus:

Jakkals het hondsdolheid gehad

VIDEO: Steelcrest afrigter in kookwater

Wie doen dit aan ’n hond

VIDEO – Ou Belfastpad ’n doodsroete

VIDEO – Weerlig laat huis afbrand

Nuus op ’n drafstap:

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuusflits skakels op jou foon te kry.”

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button