News

Vermeende dieseldiewe uit slikdam gered

Twee vermeede dieseldiewe is van ’n gewisse dood uit ’n slikdam gered.

Die twee mans moes nadat hulle uit die dam gehaal is eers skoongespuit word.

’n Sekuriteitswag van ACT Puleng Resources, ’n myn naby Middelburg het sy paniekknoppie gedruk toe hy twee verdagte mans opmerk.

Lees ook: Whisky diewe gesoek

Mid Alarms reaksie offisiere Shane van Rooyen, Johnny Odendaal, Juan Francois en Michael du Plooy, het dadelik reageer.

“Ons het verwag om ’n arrestasie te maak, maar het gou besef dit gaan ’n reddingsoperasie wees.”

Phokane nadat die omstanders hom skoongespuit het.

Dit was nog donker toe hulle op die toneel aankom en het begin om na die mans te soek. Teen ligdag het hulle die mans in die slikdam gesien. Een van die mans het sy arms geswaai om te wys hy is in nood.

Lees ook: Inbreker kom sy moses tee met boerboel

Die reaksie-offisiere het gou besef dat hulle self in die moeilikheid gaan beland, met die slik wat hulle soos dryfsand ingetrek het.

“Jy kon nie beweeg nie en hoe meer jy probeer het om vorentoe te beur, hoe dieper het jy weggesak.”

Die situasie het vererger toe dit duidelik word dat die mans deur die slik ingetrek kan word en dat die bitter koue oggend hulle van ontbering sou laat sterf.

’n Tou is na die mans gegooi en die reaksie-offisiere het hulle met groot moeite uit die dam getrek.

Lees ook: Bakkie-diewe vas na jaagtog

Relebogile Motaboli (23) en Phokane Motiti (33), van Vaalbank, is deur die Polisie gearresteer en het reeds in die hof verskyn op aanklag van dieseldiefstal.

Die saak is uitgestel na ’n latere datum.

 

Ander nuus:

Sluise vir vierde keer oop

Goud, kontant, dwelms gekry toe Valke toeslaan

Jakkals het hondsdolheid gehad

VIDEO: Steelcrest afrigter in kookwater

Wie doen dit aan ’n hond

VIDEO – Ou Belfastpad ’n doodsroete

VIDEO – Weerlig laat huis afbrand

Nuus op ’n drafstap:

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuusflits skakels op jou foon te kry.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button