News

Anglo Boere-oorlog herleef op Middelburg

Die Anglo Boere-oorlog word Saterdag, 21 April, op Middelburg herleef.

Oorlogsterreine in en om die dorp gaan tussen 08:30 en 18:00 besoek word.

Kenners gaan onder meer oor die buiting van die Krismis-trein praat.

Die program skop af met registrasie om 08:30, gevolg deur ’n kronologiese oorsig van gebeure rondom die oorlog in en om Middelburg.

Lees ook: Beslis meer grafte meen belangegroep

Daarna volg ‘n historiese oorsig oor Jack Hindon en Henri Slegtkamp en Trichardt, onder die tema treinverniellers van formaat in die Middelburg-distrik, saam met gesprekvoering oor die Middelburg kommando en Verkenners.

As besprekingspunt sal daar onder meer kop gekrap word oor of treinsabotsie werklik ‘n bydrae gemaak het tot die Boere-suksesse in die guerrilla fase in die lig van die plase wat as straf verwoes is?

Daarna volg ‘n blik op die rolle van ds. Alewyn en mev. Janie Burger waarna ‘n ligte middagete bedien word.

Lees ook: Kindergraffies geverf

Na ete rol die wiele na die Slegtkamp-woning, die ou begraafplaas, oorlog-landmerke met ‘n besoek aan die fotopunt waar die Epstein poskaart geneem is, en laastens die terrein van die aanval op Pan-stasie en die buiting van die Krismis-trein.

Sprekers sluit onder meer Theo Ligthelm, Albert Jansen, befaamde outeur Tian Schutte en Otto Raap in.

Kostes beloop R150 per persoon wat ‘n ligte middagmaal en afskrif van die Epstein poskaart insluit.

Lees ook: Op die spoor van 1127 se geskiedenis

Voorafregistrasie word vereis vir spyseniering en belangstellendes kan met hul naam, e-posadres en selnommers bespreek by theo@crisismedicine.co.za.

Vir verdere navrae kan mnr. Ligthelm by 082 824 1119 of dr. Kobus Terblanche by 083 250 6653 geskakel word.

 

Ander nuus:

Is ’n boer se lewe net R1000 werd?

Vroue se juwele van nekke geruk

Bonckerstraat is weer skoon!

Weather for the week

Vermeende dieseldiewe uit slikdam gered

Sluise vir vierde keer oop

Goud, kontant, dwelms gekry toe Valke toeslaan

Jakkals het hondsdolheid gehad

Nuus op ’n drafstap:

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuusflits skakels op jou foon te kry.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button