News

Is ’n boer se lewe net R1000 werd?

Vermeende aanvallers kry R1000 borg.

’n Boer wat kos sit op die tafels van ons land se burgers?

“Het jy geëet vandag? Bedank die boer!”

Lees ook: Plaasaanval naby Marble Hall

Maar daardie selfde boer se vermeende moordenaars kry net R1 000 borg.

Een van daardie vermeende aanvallers sluip later op ’n ander plaas rond, om weer te moor en te plunder.

Boere was woedend na die aanval op mnr. Herman Botha in die Groblersdal omgewing op 6 Augustus 2017.

Lees ook: Pa “skiet” gesin uit gevaar tydens plaasaanval

Hy was ’n gesiene en geliefde boer en vorige bevelvoerder van die Loskop Kommando.

Mnr. Botha is dood voordat ‘n helikopter hom by ‘n hospitaal kon kry.

Twee van vier verdagtes is net na die aanval deur boere en die polisie gearresteer. Nòg twee is ‘n week na die aanval aangekeer.

Baloyi (23), Thobias Moyo (44), Fannie Kakwakwa (25) en Boy Chris Langa (30), het op 30 November 2017 in die hof verskyn op aanklag van moord en roof met verswarende omstandighede. Borg van R1 000 is aan elkeen toegestaan.

Lees ook: Dogter verkrag tydens plaasaanval

Groblersdal Landelike Veiligheid het hul misnoë daaroor uitgespreek.

Boere was bekommerd dat die mans sou vlug en nie hul hofsittings bywoon nie.

Hul vrese is bewaarheid toe net twee van die drie verdagtes nou vir hul hofverrigtinge opgedaag het.

Lees ook: Boer dood voor helikopter hom kan oppik

Net Kakwakwa en Langa het in die Groblersdal Landdroshof verskyn. Moyo se borg is voorlopig teruggetrek.

•Een van die mans, Thomas Baloyi (23), is doodgeskiet tydens nog ’n plaasaanval by me. Wilma Liebenberg net buite Groblersdal.

Die saak teen Kakwakwa en Langa is uitgestel tot ’n latere datum.

 

Ander nuus:

Vroue se juwele van nekke geruk

Bonckerstraat is weer skoon!

Weather for the week

Vermeende dieseldiewe uit slikdam gered

Sluise vir vierde keer oop

Goud, kontant, dwelms gekry toe Valke toeslaan

Jakkals het hondsdolheid gehad

Nuus op ’n drafstap:

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuusflits skakels op jou foon te kry.”

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button