News

Vroue se juwele van nekke geruk

Die misdaadnes wat die Middelburg sakekern geword het, het sy soveelste slagoffer geëis.

Me. Nellie Maritz (57) se hangertjie is van haar nek afgeruk.

Vrouens wat juweliersware dra, is nie meer veilig in die middedorp nie, want dit is die tweede vrou wie se juwele van haar afgeruk word.

Terwyl sy by die poskantoor se trappies afgestap het, het ‘n man saam met haar afgeloop.

Lees ook: Tiener drink, steel kar

Hy het haar gegroet met “Hallo Magogo” en sy het beleef teruggegroet.

Hulle was nog besig om vir mekaar te kyk, toe hy sy hand uitskiet en haar hangertjie van haar nek afpluk.

Lees ook: Pasop! Hulle steel blitsig

Me. Maritz het agter hom aangeskree: “it is only costume jewelry!” maar hy het vinnig verdwyn.

•Dieselfde middag het mnr. Jacques Maritz in sy truspieëltjie gesien hoe twee straatrowers ‘n Ford Kuga se deure probeer oopruk op die hoek van John Magagula- en Cowen Ntulistraat.

Sowat twee maande gelede was hy ook ooggetuie van ‘n soortgelyke voorval op die hoek van Walter Sisulu- en Bhimy Damanestraat.

•Oud raadslid Hennie Steenkamp het beserings opgedoen toe hy ook by die poskantoor aangeval is.

 

Ander nuus:

Bonckerstraat is weer skoon!

Weather for the week

Vermeende dieseldiewe uit slikdam gered

Sluise vir vierde keer oop

Goud, kontant, dwelms gekry toe Valke toeslaan

Jakkals het hondsdolheid gehad

VIDEO: Steelcrest afrigter in kookwater

Wie doen dit aan ’n hond

Nuus op ’n drafstap:

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuusflits skakels op jou foon te kry.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button