News

Videos: Koedoe hol by skool se ouditorium in

Talle inwoners is bekommerd oor die lot van die koedoebul wat Middelburg rond hol. Gaan iemand hom skiet?

Die jong koedoebul wat Middelburg op hol het, gaan nie biltong word nie.

Die koedoe is agter in ’n erf vasgekeer, waar daar gewag word op ’n veearts om hom te verdoof.

Inwoners spot dat die koedoe ’n leerling van Laerskool Middelburg is wat gedros het. Die skool staan bekend as die Koedoekoppe.

Dit blyk egter dat hy ’n hoërskoolleerling is want hy het op ’n stadium in die ouditorium van HTS Middelburg rondgehol.

Lees vorige storie hier: Koedoe het dorp op hol, want hy hol die hele dorp vol

HTS het foto’s van die bok in hul ouditorium op Facebook gesit:

 

FOTO: HTS Middelburg Facebookblad

 

FOTO: HTS Middelburg Facebookblad

 

FOTO: HTS Middelburg Facebookblad

 

Stories oor ander diere in die dorp:

Hou vas jou matras, daar is ’n bobbejaan in jou erf

Slang in kantoor

Wat stink so?

Hiert jou vlak-vark!

Video – Tierboskat in Kanonkop

‘My lief, daar is ’n mamba in ons kamer’

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button