Elektrisiteitspryse gaan van 1 Julie af met meer as 6% styg.
NERSA ‘n elektrisiteits styging van 6,84% goedgekeur.
Waar voorafbetaalde verbruikers nou 89,56 sent tussen 0 en 50 kwh betaal, sal ‘n eenheid van 1 Julie af 95,68 sent kos.
Tariewe op Middelburg word op ‘n glyskaal bereken en namate verbruikers op beweeg, kry hulle minder eenhede vir elke rand in blok 2, 3 en 4.
• Blok 2 verbruikers van 51 tot 350 eenhede per maand: 121,40 sent na 129,70 sent per eenheid.
• Blok 3 verbruikers van 351 tot 600 eenhede per maand: 149,91 sent na 160,16 sent per eenheid.
• Blok 4 verbruikers van 600 eenhede en hoër: 168,74 sent na 189,28 sent per eenheid.
Hoe meer jy gebruik hoe meer betaal jy.
Voorafbetaalde rekeninghouers moet ook onthou dat die heffings strek van die 1 ste tot die laaste dag van die maand.
Verbruikers moet dus nié hul volgende maand se volle kragkwota voor die 1 ste van elke maand koop nie, want die eenhede per rand sal skrikwekkend minder wees.
Lees ook:
Vermeende plaasaanvaller verdwyn
Plaasaanval- Saak weer uitgestel vir borg
Vroue steel sambreel by liefdadigheidsfunksi
Increase in kidnapping and murder of children in Middelburg, Mpumalanga
Soek jy nuus op ‘n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons Youtube Kanaal.
Het julle vir ons ‘n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
