Vermeende plaasaanvaller verdwyn
Twee van die vier verdagtes, wat kort na die plaasaanval by mnr. Herman Botha gearresteer is, het Maandag in die Groblersdal Landdroshof verskyn, waarna die saak oorgeplaas is na die Hooggeregshof in Polokwane
Twee van die vier verdagtes, wat kort na die plaasaanval by mnr. Herman Botha gearresteer is, het Maandag in die Groblersdal Landdroshof verskyn, waarna die saak oorgeplaas is na die Hooggeregshof in Polokwane.
Mnr. Botha is Sondag, 6 Augustus 2017, oorlede nadat hy en sy familie op hul plaas op die N11 deur agt mans oorval is.
Thomas Baloyi (23), Thobias Moyo (44), Fanie Kakwakwa (25) en Boy Chris Langa (30) het in November in die hof verskyn op klagtes van moord en roof met verswarende omstandighede en is borg van R1 000 elk toegestaan.
Groblersdal Landelike Veiligheid het onmiddellik hulle misnoë uitgespreek hieroor. Daar is vergader met boere om maniere te vind sodat borg in toekomstige ernstige geweldsake nie toegestaan word nie.
Die boere was veral bekommerd dat die verdagtes sou vlug en nie hul hofsittings sou bywoon nie.
Die Vallei-gemeenskap was geskok nadat die nuus bekend gemaak is dat Baloyi deel was van die plaasaanval wat op 6 Februarie op die plaas van me. Wilma Liebenberg plaasgevind het. Hy is tydens dié plaasaanval doodgeskiet.
Die boere se vrese is egter op 9 April bewaarheid toe net twee van die drie verdagtes vir hul hofverrigtinge opgedaag het. Net Kakwakwa en Langa het in die hof verskyn.
Kakwakwa en Langa het intussen weer in die hof verskyn en Moyo was weereens afwesig.
‘n Lasbrief vir arrestasie is uitgereik vir Moyo en sy borg is verbeurd verklaar.
•Die verhoor is vanaf 26 November tot 7 Desember in die Hooggeregshof in Polokwane.
Lees ook:
Plaasaanval- Saak weer uitgestel vir borg
Vroue steel sambreel by liefdadigheidsfunksi
Increase in kidnapping and murder of children in Middelburg, Mpumalanga
Soek jy nuus op ‘n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons Youtube Kanaal.
Het julle vir ons ‘n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
