News

Vrou vra vir logika

Bianca Coetzer, die jong weduwee van Gerhard Coetzer (29) wat tydens ’n partytjie in Walter Sisulustraat op 27 April doodgeskiet is, vra dat die polisie net die “logika van die toneel” kan insien.

Die ander mans wat daar was se storie is dat daar rowers was en dat Gerhard hiertydens geskiet is.

Bianca het egter na die gebeure gesê dat een van die mans wat met ’n wapen gespeel het, waarna ’n skoot afgegaan en deur ’n buitekamer se venster gegaan het.

Sekondes later het ’n tweede skoot afgegaan en is haar man noodlottig gewond. Hy het net etlike treë geloop, waarna hy inmekaar gesak en gesterf het.

Haar driejarige seuntjie, Ronaldo, kry steeds nagmerries na die gebeure.

Lees ook: What really happened when Gerhard Coetzer was shot and killed?

Wat haar omkrap, is dat die saak so sloer en dat die polisie nie haar weergawe wil aanvaar oor wat gebeur het nie.

Bianca sê dat daar net logies na die bewyse en omstandighede gekyk moet word om te besef wat werklik gebeur het.

“Daar was nié rowers nie. Dit was net ek, my man, die drie ander mans en die kinders. Daar is géén bewyse dat daar iemand anders was nie.”

Lees ook: Polisie te ‘stupid’ om saak op te los

Sy verduidelik dat met die polisie se aankoms, was die twee ouer kinders van een van die mans wat daar was, steeds in die swembad.

“My baba was ook steeds onder die lapa saam met een van die mans!”

Die huis se deur het oopgestaan en die ‘rowers’ kon ongesiens goed steel, terwyl die mense by die lapa gekuier het.

“Hoekom sal ’n rower verby die oop huis loop tot by die lapa en net een persoon skiet? Hoekom sal die ander drie mans wat daar was dan nie die kamtige rower probeer keer het nie?”

 

Sy is ontsteld dat die teenwoordiges nog nie met die waarheid uitgekom het nie.

“Hoe kan hulle aanhou sê daar was rowers? My hart is so seer vanoggend want dis tog alles goed waarna ’n mens moet kyk?”

 

•Sedert haar man se skietdood, het die polisie beloof dat hulle sal reël dat haar driejarige deur ’n forensiese maatskaplike werker ondervra word.

Die ondersoekbeampte was vir twee weke met verlof en die mediaskakelbeampte, kapt. Khanyisile Zwane, het onderneem dat sy dit persoonlik sal reël.

 

Hierdie week het sy ’n WhatsApp boodskap gekry, wat sê dat die ondersoekbeampte terug is van verlof af en sal reël vir die forensiese maatskaplike werker. Sy is verder meegedeel dat die “landdros dit van daar af sal vat.”

Sy het tot op hede nog nie weer van die polisie gehoor nie.

 

•Lees in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer hoe die vermeende skieter op sosiale media geïdentifiseer is.

 

Lees ook:

VIDEO: #TrafficUpdate – Protesters block Hendrina, Bethal roads

Polisiemanne sit – verdagte vat die pad

Mike Bolhuis: “Van Staden is a super-crook”

 

 

Kry ons nuusbrief

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Soek jy nuus op ‘n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons Youtube Kanaal.

Het julle vir ons ‘n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button