Mans probeer sesjarige uit kar pluk
’n Sesjarige dogtertjie is byna ontvoer, ’n 23-jarige man is gekaap en aangerand en nog ’n man is sy motor kwyt na ’n kaping in Middelburg se middedorp oor die naweek.
’n Vlaag misdaad swiep die afgelope week deur die dorp.
‘n Agtjarige seuntjie en sy ma is ook verlede week byna gekaap op die hoek van Cowen Ntuli- en OR Tambostraat.
Lees ook: Voertuig gekaap
‘n Geskokte me. Mariaan van Aswegen (28) het kort na die gebeure op die Community Response groep gesê dat sy byna gekaap is.
Sy het omstreeks 12:30 by die verkeerslig in Cowen Ntulistraat op die hoek van OR Tambostraat gestop, waarop ‘n taxi aan die linkerkant langs haar tot stilstand gekom het.
Lees ook: Vrou byna gekaap
‘n Man met ‘n pamflet in sy hand het uitgeklim en vinnig om haar voertuig tot by die bestuurderskant geloop.
Die volgende oomblik het hy ‘n handwapen uit die pamflet geruk, dit teen die venster op haar gerig en aan die deure begin pluk.
“Ek het dadelik daaraan gedink dat as hy my gaan skiet, wat gaan van my kinders word, waarop ek oor die rooi verkeerslig gejaag het.”
Me. Van Aswegen sê haar driejarige dogtertjie het eers wakker geword toe sy gil, maar haar agtjarige seuntjie het alles sien gebeur.
Lees ook: Man hijacked on N4
Hy was erg getraumatiseer.
Sy het Woensdag gesê dat die twee kinders gesukkel het om te slaap en dat sy hulle so spoedig moontlik vir traumabehandeling wil vat.
Me. Van Aswegen het in haar truspieëltjie gesien dat die booswig oor die pad vlug, waarop ‘n ander man saam met hom in die rigting van Hoërskool Middelburg is.
Lees ook:
Meisie byna op skoolterrein verkrag
Doodskistwee se siviele saak kon nie voortgaan
NIE VIR SENSITIEWE KYKERS: Polisie sloer met dierwreedhied sake
Kry ons nuusbrief
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Soek jy nuus op ‘n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Het julle vir ons ‘n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za