Manne wat met prostese stap is hier
Die manne wat met prostese 3 000 km deur die land stap, het pas in Middelburg aangekom.
Paul Steyn en Mike Minnie (beide van die Paul Stigting) het vanaf die ou Witbankpad se kant af in Middelburg aangekom.
Die Dros Restaurant, wat vanmiddag ook weer die volle restaurant se deure geopen het na verlede jaar se brand, het vir die twee stappers en Lourens Delport (wat die twee vergesel per bussie) hamburgers en koffie geborg.
Paul en Mike sal vanaand ander Middelburgers met prostese by Midway Inn ontmoet.
More oggend (Dinsdag) vanaf 07:30 kan Middelburgers die twee voor Woolworths in die Middelburg Mall ontmoet.
Mense kan om 09:00 ook ’n klein entjie saam met die twee stap.
Lees ook:
VIDEO: Theuns het mense op hulle voete
Meisie byna op skoolterrein verkrag
Kry ons nuusbrief
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Soek jy nuus op ‘n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Het julle vir ons ‘n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
