Bure kom op liggaam af
Die liggaam van ’n 61-jarige man is Saterdag deur sy bure op sy bed in sy Milnerstraat huis gekry met ’n skietwond aan die kop.
Mnr. Nicolaas Willem Venter se bure het onraad vermoed nadat hulle hom lanklaas tuis opgemerk het.
Die bure het gaan ondersoek instel, maar kon niks snaaks buite die woning vind nie.
Een van die bure het egter ’n huissleutel van mnr. Venter gehad en die polisie is ontbied.
In die huis het hulle op mnr. Venter se liggaam op sy bed in die slaapkamer afgekom.
Hy het ’n skietwond aan die kop gehad en ’n pistool is langs sy liggaam op die bed gekry.
Geen gemene spel word vermoed nie. Mnr. Venter het alleen in die huis gebly.
• Sy naasbestaandes het nie Maandag op Middelburg Observer se oproepe of boodskappe gereageer nie.
Lees ook:
PHOTOS and VIDEOS: Fire destroys Little Elephant
Manne wat met prostese stap is hier
Kry ons nuusbrief
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Soek jy nuus op ‘n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Het julle vir ons ‘n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
