News

Man en vrou op skietbaan gewond

’n Spelery met ’n handwapen het die baanbeampte van die Draaihoek Skietbaan en sy vrou albei in die hospitaal laat beland.

Mnr. Johan Fourie is reeds uit die Steve Biko Hospitaal ontslaan, waar sy vrou, Odette, behandel is.

Hy het aan www.mobserver.co.za vertel dat een van hul vriende, mnr. Hendrik (Mossie) Mostert, by hom kom kuier het.

Hulle het ‘n paar rondtes geskiet by die baan, waarna mnr. Mostert gery het. Hul seun, Ethan, is saam met hom weg.

Lees ook: Leser foto’s: Dis bibberend koud in Middelburg

 

Johan Fourie, baan beampte van Draaihoek skietbaan is ook beseer.

 

Net nadat hulle gery het, het me. Fourie vir haar man gesê dat sy sy .38 Special sal skoonmaak.

Mnr. Fourie het vir haar gesê hy sal dit self doen, maar sy het daarop aangedring.

Sy het omgedraai na die toerusting om dit skoon te maak, waarop mnr. Fourie agter haar inbeweeg het om die wapen by haar te vat,wat volgens hom meer ’n “spelery” was.

Hy het half oor haar geleun om die wapen by haar te kry, maar in die proses het daar ‘n skoot afgegaan.

Lees ook: What really happened when Gerhard Coetzer was shot and killed?

Die projektiel het dwarsdeur haar bobeen gegaan, waarna dit ook die voorkant van mnr. Fourie se been, net langs die skeenbeen, getref en by sy kuit is.

Alhoewel die ambulansdienste ontbied is, het hulle besluit om me. Fourie met sy vriend se voertuig hospitaal toe te jaag, aangesien sy erg gebloei het.

In die vroeë oggendure is besluit om haar oor te plaas na die Steve Biko Hospitaal waar sy geopereer is.

 

Lees ook:

Is your money safe at Absa?

Manne wat met prostese stap is hier

Grond in die soeklig

PHOTOS and VIDEO: Fire destroys Little Elephant

Horrific R555 accident claims lives

Kry ons nuusbrief

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Soek jy nuus op ‘n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Het julle vir ons ‘n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button