Houvas my matras!
Robbie Wessels sing "daars net een ding van die Vrystaat waarna ek verlang dis die seuns koshuis op Kroonstad se onderste gang in kamer 23 het ek gebly, saam met die grootste kakmaker van die kontrei houvas jou matras want De Vos is weer los...".
Vrydagaand die 29ste het ‘n matras wat aan die brand geraak het, vir groot konsternasie gesorg. Die Middelburg Brandweer moes keer dat die brand, wat ontstaan het op ‘n matras in ‘n woonstel in Oribistraat, nie verder versprei nie.
Bure het die brandweer en noodgroepe gekontak, nadat hulle rook sien uitborrel het by die woonstel aan die agterkant van die huis, waar die huishulp bly. Daar was aanvanklik vrese dat daar nog iemand in die woonstel was en daar is ook ‘n ambulans na die huis ontbied.
Niemand was egter tuis nie en die brand, wat op ‘n smeulende matras begin het, waar kabels gekoppel was, is vinnig geblus. Net die matras en gordyne het gebrand.
•Dit is die derde voorval in drie weke waar die brandweer moes inspring nadat brande in huise begin het.
Een persoon moes behandel word nadat sy rook ingeasem het by ‘n huis in Mineralia nadat ‘n kamer aan die brand geraak het en verlede Sondag het ‘n brand by ‘n huis in Kwartsstraat ontstaan met ‘n gasverwarmer.
Lees ook:
Manne wat met prostese stap is hier
PHOTOS and VIDEO: Fire destroys Little Elephant
Horrific R555 accident claims lives
Kry ons nuusbrief
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Soek jy nuus op ‘n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Het julle vir ons ‘n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
