News

Trougeld gebruik vir mediese hulp

'n Oudleerling van HTS Middelburg pleit vir hulp sodat sy verloofde vir 'n breinoperasie kan gaan.

Adam Viljoen sê hy het nog nie sy beplande troue met Marlize Kriel (23) uitgestel nie, want hy glo dat daar ‘n wonderwerk kan gebeur. Marlize is onlangs met Van Hippel-Lindau gediagnoseer.

Met dié siekte word gewasse en vloeistofgevulde sakke (siste) oral in die liggaam gevorm. Die gewasse veroorsaak geweldige pyn en drukking op die brein. Mnr. Viljoen het aan die Observer vertel dat dit ‘n oorerflike siekte is en dat Marlize se pa verlede jaar dood is na komplikasies met ‘n breinoperasie. Die operasie was ‘n sukses, maar hy het gesterf weens sepsis.

Marlize is vroeër vanjaar aanvanklik vir streshoofpyne behandel nadat sy begin hoofpyne kry het. Die paartjie het ‘n mediesefonds uitgeneem, maar daar was ‘n driemaande wagtydperk. Marlize het in hierdie tyd ernstig siek geword en hulle is met haar na ‘n neurochirurg, Dr. Ernst van Graan, by die Kloof Hospitaal.

Dr. Van Graan, wat spesialiseer in die siekte, het twee gewasse in haar brein gekry. Op daardie stadium was die pyn so erg, dat sy lam aan die linkerkant geword het en haar oog skeefgetrek het. ‘n Elektriese toestel, wat ‘n ‘Shunt’ genoem is, is in die brein gesit om die vog te dreineer.

Omdat sy die operasie in die wagtydperk gekry het, het die mediesefonds nie die operasie gedek nie en het die familie die R150 000 bymekaar gemaak. “Ons het al ons spaargeld, waaronder ook die geld wat ons vir die troue bymekaar gemaak het, bygesit.”

Die boonste gewas moet so gou as moontlik verwyder word, maar die mediesefonds gaan ook nie hierdie operasie dek nie. Mnr. Viljoen sê hulle is in kennis gestel dat die operasie R500 000 gaan beloop. Hulle is reeds na ‘n ander dokter by ‘n provinsiale hospitaal verwys, maar daar moes nog skanderings gedoen word.

Die eerste afspraak wat hulle kon kry vir ‘n skandering by dié hospitaal, was eers in Augustus. Hulle het self die dokter gebel en hom van die erns vertel. Hy het hulle aangeraai om so spoedig moontlik ‘n MRI-skandering te laat doen, waarop hy dan sal kyk wanneer ‘n bed beskikbaar sal wees. “Ons het nie ‘n probleem met die dokter wat die operasie kan doen nie. Ons is bekommerd oor die nasorg. As Marlize se pa in ‘n privaathospitaal kon sepsis kry, hoeveel te meer kan dit nie in ‘n provinsiale hospitaal gebeur nie.”

Hulle hoop om genoeg fondse in te samel dat sy die operasie in die Kloof Hospitaal kan ondergaan.

Mnr. Viljoen het aanvanklik ‘n privaat bankrekening geopen, waarin hulle al sowat R23 000 bymekaar gemaak het. Hulle het nou ook by die BackaBuddy organisasie ‘n rekening geopen, waar mense direk by die organisasie fondse inbetaal en hulle dan van die mediese rekeninge kan betaal.

Persone wat bydraes wil maak, kan mnr. Viljoen bel by 064 683 6925, WhatsApp by 072 340 2932 of ‘n e-pos stuur na viljoenadam11@gmail.com of net ingaan by dié webtuiste www.backabuddy.co.za/marlize-brain-operation-fund

•Marlize is Maandag kort voor druktyd Pretoria toe om te gaan vir ‘n MRI-skandering. Van die geld wat reeds ingesamel is, is vir die skandering gebruik.

 

Lees ook:

PHOTOS and VIDEOS: Fire destroys Little Elephant

Manne wat met prostese stap is hier

Grond in die soeklig

Groot klippe in paaie gegooi

 

Kry ons nuusbrief

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Soek jy nuus op ‘n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Het julle vir ons ‘n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button